Your Recipe Blog

LEKKER KLAM GEMMERKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 10 - 15 minute | Servings: ongeveer 300 koekies

LEKKER KLAM GEMMERKOEKIES

  • 4 koppies nat bruinsuiker (hou 1 koppie eenkant)
  • 2 koppies margarien
  • 1 kg goue stroop
  • 16 koppies koekmeel
  • 4 eiers
  • 3 eetlepels koeksoda
  • 1 teelepel sout
  • 2 eetlepels kaneel
  • 5 eetlepels gemmer

Room die margarien en suiker deeglik. Meng eiers een vir een by.
Voeg die stroop by. Los die koeksoda in ‘n klein bietjie melk op en voeg by die mengsel.
Sif die droë bestanddele saam en voeg by die mengsel. Meng tot dit ‘n stywe deeg vorm.
Knie goed en voeg die koppie bruinsuiker by wat jy eenkant gehou het.
Knie die bruinsuiker in by die deeg.
Rol balletjies en pak op ‘n gesmeerde pan.
Bak in ‘n vooraf verhitte oond by 180°C vir 10 – 15 minute.

Nota:
Dit is heerlike koekies. Dit vorm krake oor die koekie en die koekie is effens sag en taai in die middel.
Die resep halveer ek ook gewoonlik, dan kry ek so 150 koekies uit.
Ek het gemmerkoekie hartjies gemaak en hulle het mooi uitgekom. Gewone resep gevolg en met wax papier uitgerol.

Resep en foto: Malanie Tolmay

One Review

  1. Jerome Beukes

    Die resep lewer baie lekker gemmer koekies. Baie dankie.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page