LEKKER GESONDE PATATSLAAI
- ± 1 kg geroosterde blokkies oranje (Jewel) patat
- handvol gaar heelmieliepitte
- Sous: (Meeste bestanddele na smaak)
- 1 teelepel kerriepoeier
- bietjie borrie
- komynpoeier
- 2 eetlepels bruinasyn
- 2 eetlepels appelkooskonfyt
- sout peper
- knoffelpoeier
- Ekstra:
- gesnipperde sprietuie
- gekapte seldery
- gekapte soetrissie
- handvol rosyne
Meng die sousbestanddele saam, kook en giet oor die warm patats.
Laat afkoel en voeg dan die ekstra van die bestanddele by.
Sprinkel met die mieliepitte.
Laat verkieslik oornag staan.
Bedien warm of koud.
Resep en foto: Cecile Mudde
Category: