Your Recipe Blog

LEKKER BROODPIZZA

LEKKER BROODPIZZA

  • 4 wit of bruin snye brood of meer as jy ‘n groter een wil maak
  • 250 g ontbytspek (bacon)
  • 1 koppie kaas of meer
  • 4 geklitste eiers of meer (1 eier vir elke sny brood)
  • tamatiesous of blatjang

Vir die vulsels:
uie, green peper, sampioene, hoender net waarvan jy op jou pizza hou.

Smeer die brood met botter en plaas in oondpan met gesmeerde kant na onder.
Smeer bietjie blatjang of enige sous van jou keuse oor die brood en dan begin jy vulsel op pak net soos wat jy pizza maak.  Giet die geklitste eier oor en laaste die kaas.
Bak in oond by 180ºC tot die eier gestol het en die kaas lekker gesmelt het.
Variasie:  Sprinkel met maaskaas en sweet chillie sous op die basis en volg op met gekarameliseerde uie, ontbytspek, sampioene, gerookte worsies, groenrissie en tamatieskywe, met bietjie Cheddarkaas bo-op

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5