LEBKUCHEN
Resep geplaas en foto: Michaela Boon
Ek het ‘n dubbele mengsel gemaak. Het 316 koekies gelewer. Hang natuurlik af van die grote koekiedrukkers wat mens gebruik.
- Verhit die volgende saam tot suiker gesmelt is:
(roer goed tot skuimlaag bo-op vorm en laat mengsel redelik afkoel) - 500 g heuning of stroop
- 700 g suiker
- 80 g botter
- Sif die volgende saam:
- 1.5 kg koekmeel
- 50 g kakao
- 1 pakkie Lebkuchen Spice of 15 – 20 g gemengde speserye
- Ekstra:
- 30 g koeksoda, opgelos in 250 ml filterkoffie
- 2 eiers, geklits
- Klits koffiemengsel by suikermengsel saam met die eiers.
- Meng die nat- en droëbestandele saam om deeg te vorm. Laat deeg oornag in die yskas staan.
- Rol deeg uit omtrent 1 cm dik en druk vormpies uit.
- Plaas op gesmeerde bakplaat.
- Bak teen 175°C vir 12 – 15 min (Ek het in my Thermofan oond op 190°C vir 12 – 15 min gebak.)
- Die koekie moet nie hard wees nie.
- Versier koekies as hulle afgekoel is.
- Meng versiersuiker met suurlemoensap, (Lecol) die mengsel moet nie te lopering wees.
- Mens kan ook gesmelte sjokolade gebruik.
- Wenk: Ek gebruik goue stroop en klam bruin suiker. Koekies bly sag
Category:













