LEANNE SE KUDU FILLET OP DIE KOLE
Eerste keer wat ons kudu fillet braai. Het ‘n paar idees gevat en dit was ongelooflik lekker. Kon nie glo dis wildsvleis nie.
- Knorr Griekse slaaisous
- uie
- knoffel
- spek blokkies
- grasuie
- repies spek
- Feta kaas
Marineer die wildvleis oornag in die slaaisous.
Braai uie, knoffel, spek blokkies en grasuie en laat afkoel, verkrummel Feta kaas daarin.
Maak ‘n lang snit aan die sykant van die fillet, maar nie regdeur nie, sodat dit ‘n sakkie vorm.
Stop die fillet met die spekmengsel, maak toe en draai die hele rol in spek toe, steek vas met tandestokkies.
Ons het dit op die vuur gebraai en gereeld basting sous gesmeer.
Die kole was nie so warm soos wat jy biefstuk op sou braai nie, ons het dit oor matige kole gebraai en heelwat gedraai sodat die spek nie brand nie.
Laat rus ‘n rukkie nadat dit van die kole af gekom het, sny in skywe en bedien.
Resep en foto: Leanne Thurston Coetzer