LEANNE SE BROCCOLISLAAI
- 1 brocolli
- 1 rooi ui, in klein blokkies gekap
- 1 pakkie “bacon bits”
- gerasperde kaas
- 1 koppie gevriesde suikermielies
- Slaaisous – meng die volgende saam:
- ¾ koppie mayonnaise
- ¼ koppie suiker
- 2 eetlepels rooiwyn asyn
Sny die brocolli se blommetjies so klein as moontlik, hoe kleiner jy dit kan kry hoe beter. Meng met die uie blokkies. Giet die sous oor en meng weer goed.
Los oornag in die yskas.
Braai die bacon bits die volgende dag tot lekker krakering en voeg by slaai, asook die gerasperde kaas en mielies wat vir ‘n minuut of twee vooraf gekook is.
Meng alles mooi deur en voeg sout en peper by na smaak.
Resep en foto: Leanne Thurston Coetzer