Your Recipe Blog

LASAGNE PAKKIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 20-30 min | Servings: 12

LASAGNE PAKKIES

  • 400 g maalvleis
  • ½ ui, fyn opgesny
  • olyf olie
  • speserye, volgens keuse (all braai spice, gemengde kruie)
  • sout en gemaalde peper
  • 30 ml tamatiepasta
  • 100 ml tamatiesous
  • 6 lasagne velle (maak 12 pakkies)
  • 100 g gerasperde Cheddar kaas
  • 250 ml witsous (resep onder)

Voorverhit die oond tot 180°C.
Meng die maalvleis goed met die speserye.
Braai die uie tot glanserig en voeg die gegeurde maalvleis by saam met die tamatiepasta en tamatiesous. Roerbraai goed deur tot die vleis nie meer pink is nie en laat prut op lae hitte vir 10 minute.
Lê lasagna velle in kookwater en laat staan so 5 minute. Drein die water af en voeg nuwe kookwater oor en laat staan. Herhaal nog 1 keer en haal uit wanneer die velle sag is. Sny in die helfde.
Spuit ‘n kolwyntjie pan met kossproei en druk die lasagne velle daarin sodat dit `n bakkie vorm.
Skep die maalvleis daarin, plaas ‘n eetlepel witsous bo-op en sprinkel gerasperde kaas oor.
Vou die punte in. Plaas in die oond en bak vir so 20 – 30 minute.

  • Witsous:
  • 200 ml melk
  • 50 ml room
  • 30 ml koekmeel
  • 2.5 ml Maizena
  • sout en gemaalde peper
  • 100 g gerasperde Parmesan kaas

Klits die meel, Maizena, sout en peper saam met die room tot glad. Bring die melk tot kookpunt en draai die hitte af. Roer die roommengsel by  die melk in saam met die parmesan kaas. Roer gedurig tot verdik. Hou eenkant tot benodig word om die pakkies te pak.

Resep en foto: Johan Rossouw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page