Your Recipe Blog

LAMSKENKEL EN GROENBONE STOWE

LAMSKENKEL EN GROENBONE STOWE

Lamskenkel en groenbone stowe gereg bedien op wit/bruinrys mengsel en ‘n tamatie en komkommer vir slaai. Na 45 jaar van kosmaak neem en ken ek al die kortpaaie. Ek sit genoeg skaapskenkels saam met twee groot fyngekerfde uie en genoeg gekerfde vars boontjies, knoffelvlokkies en water in ‘n stoompot. Na so 30 – 40 minute voeg ek die aartappels by en en ‘n blikkie tamatie en uie smoor en effe suiker teen die bittersmaak van die tamatie. Prut nog so 15 minute. Hierna sit ek die kos gewoonlik in my swart/platboom pot en afhangende van die hoeveeleid vog, verdik ek met ‘n Bisto/Maizena mengsel om stadig deur te prut en op ‘n lae hitte warm te bly sonder om aan te brand. Sous moet egter nie te dik wees nie en moenie sout en peper vergeet nie.
‘n Ander tegniek met beesvleis is soos volg:

  • 1 ui, gekap
  • knoffel na smaak
  • 6 medium aartappels
  • 600 g stowe vleis
  • 1 kg groenboontjies, gekerf
  • 2 Knorr bief-ekstrak blokkies
  • swart peper na smaak

Smoor knoffel en uie saam en sit vleis by.
Voeg die biefblokkies en swart peper by.
Dan met so bietjie water opgetop en die stoompot sy werk laat doen.
Sodra die vleis lekker sag is, voeg die gesnipperde groenboontjies en aartappels by. Laat weer kook. As dit reg is, meng ‘n pakkie “beef stew” poeier by wat net met bietjie water aangemaak is. Geur met sout en peper na smaak en laat bietjie prut tot die souspoeier gaar is en alles lekker verdik het.
Bedien met rys of stampmielies.

Resep en foto: Abri Van Vuuren Nuut

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page