LAMS-SKENKELKERRIE
My lams-skenkel kerrie met Basmatie rys en aartappels.
- 850 g lamskenkels
- 1.5 ml sout
- 5 aartappels, in kwarte gesny
- 3 uie, in kwarte gesny
- 2 ½ eetlepels kerriepoeier (Rajah medium)
- 30 ml suiker
- 50 ml asyn
- 1.5 liter kookwater
- 20 ml mielieblom, aangemaak met ½ koppie kouewater
Kook skenkels met een liter kookwater vir ongeveer 2 ure tot sag.
Voeg uie, aartappels, sout en die res van die 500 ml kookwater by.
Kook tot die aartappels sag is en die uie uit mekaar val.
Meng die kerriepoeier, asyn en suiker saam en voeg by die vleis, meng deur en kook vir ongeveer 10 – 15 min.
Wanneer die kerrie gaar is, meng die mielieblom en kouewater en meng deur die kerrie in die pot.
Kook tot die sous verdik het na smaak.
Bedien op rys.
Resep en foto: Anri Douglas