Your Recipe Blog

LAGIESLAAI MET ‘N VERSKIL

Prep: 24 Uur |

LAGIESLAAI MET ‘N VERSKIL

Hierdie is verseker my gunstelingslaai. Maak dit ‘n dag voor die tyd, dan is dit op sy lekkerste.
Alles word in lae gepak, lyk dan mooi vir die oog ook.
Ek is nooit baie presies met die hoeveelhede nie, maar vir die slaai het ek die volgende bestanddele gebruik. Dit is belangrik dat al die bestanddele in is, dit proe net fantasties saam.
  • 1 medium pak blaarslaai, opgebreek
  • ½ groot komkommer, in blokkies gesny
  • ½ sakkie seldery, opgekap
  • 2 bossies grasiuie (spring onions), opgekap
  • 2 soetrissies (green peppers), opgekap
  • 2 koppies gevriesde baba ertjies, gaargemaak
  • 1 pakkie spek, gesnipper en gebraai
  • 4 hardgekookte eiers, opgekap
  • B-well thick and creamy mayonnaise

Ek pak die bestanddele in lae in die volgorde soos hierbo genoem.
Skep die mayonnaise bo-oor die slaai – moenie meng nie.
Bedek die slaai met kleefplastiek en hou in yskas tot opdiening.
Meng die slaai net voor opdiening.

Resep en fotos:  Zelma Crear
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page