LAE KOOLIDRAAT CHIA SAAD POEDING
My mees gunsteling low carb chia saad poeding.
- 1 x blik klappermelk of klapperroom
- 6-8 eetlepels chia saad
- knippie Himalayan sout
- 2 x proppies vanilla
- 1-2 opgehoopte eetlepel xylitol, of versoeter van keuse
Meng alles saam, plaas in die yskas vir ongeveer ‘n half uur.
Kyk of die poeding dik genoeg is na jou smaak, indien jy dit dikker verkies, sit nog 1 eetlepel chia saad by, so toets jy hom en voeg by totdat dit na jou smaak is. Laat staan na elke toevoeging, vir ongeveer 30min, sodat die saad kan uitswel.
Dis hemels, en een van my gunsteling low carb poedings vir ‘n Sondag
Bêre myne in ‘n bakkie en hap elke keer as ek die yskas deur oop maak.
Variasies:
Jy kan kakao insit vir ‘n sjokolade weergawe.
Jy kan ‘n berriekonfyt maak en saam met dit bedien.
Jy kan dit eet met geklopte room bo-op, saam met sade en neute.
Strooi kaneel oor, dit is ook hemels, daar is net soveel opsies ❤️ ek geniet dit maar plain Jane.
Geniet.
Resep en foto: Marisza Olivier