LAE KALORIEË GEROOSTERDE GROENTEGEBAK
Resep en foto: Ilze Jacobs
‘n Heerlike bygereg by enige ete, veral ‘n braai as jy ‘n keto / lae kalorieë bygereg benodig.
- 12 brusselse spruite, gehalveer
- 10 groot kersie tamaties
- ½ geel soetrissie, in stukke gesny
- 2 murgpampoentjies, in skywe gesny
- 2 skywe pampoen, geskil en in blokke gesny
- 3 eetlepels olyfolie
- sout en peper na smaak
- 5 takkies vars tiemie
- 125 ml room
- 75 g gekrummelde Fetakaas
- 125 ml gerasperde kaas
- Plaas al die bestanddele, behalwe die room en kaas, in ‘n mengbak en meng goed deur.
- Sprei die groente uit op ‘n oondbakplaat, uitgevoer met bakpapier.
- Bak die groente in ‘n voorverhitte oond by 200ºC vir 30 minute.
- Skep die groente na die 30 minute in ‘n pot, voeg die room en Fetakaas by en prut vir 5 minute.
- Plaas die groente terug op die bakplaat, sprinkel die gerasperde kaas oor en bak vir 15 – 20 minute by 200ºC.

