Your Recipe Blog

KWEPERJELLIE

KWEPERJELLIE

My kunswerk na 7 uur en 10 minute. As ‘n man kan, dan mag jy maar.

  • kwepers
  • suiker
  • jelliesak of dubbele kaasdoek

Sny 2 kg kwepers met skil en al in stukke op.
Voeg 2.5 liter water en skil en sap van 1 suurlemoen by.
Prut die kwepers en kook sowat ‘n uur lank in ‘n toe kastrol tot goed sag.
Suig die pulp deur ‘n jelliesak of dubbele kaasdoek.
Sit die filtraat vir eers opsy en skep die pulp terug in die kastrol.
Voeg 1.25 liter vars water by die pulp, verhit dit tot kookpunt en prut dit ‘n half uur. Suig dit ook deur.
Meng die twee kooksels filtraat en meet die hoeveelheid af.
Voeg by elke 500 ml filtraat 400 g wit suiker.
Verhit dit tot kookpunt en roer dit net aan die begin om die suiker te laat oplos en nie weer daarna nie.
Kook dit vining tot die stroop jel as ‘n klein bietjie in ‘n koue piering getoets word.
Skep die skuim af, bottel in goed voorbereide bottels en verseël die jellie warm.

Foto: Johan Coetzee

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page