KRUMMELPAPTERT
Maak vooraf ‘n redelike groot pot krummelpap en ‘n middelslag pot kaassous.
- 500 gram varkspek, gekap
- 1 geel soetrissie, gekap
- 1 rooi soetrissie, gekap
- 1 groen soetrissie, gekap
- 2 pakkies sampioene
- 2 x 410 gram roommielies
- 500 ml vars room
- 1 blok kaas, gerasper
- 2 eetlepels botter / margarien
- 2 teelepels knoffel, opsioneel
Skep die krummelpap in ‘n lekker groot mengbak, voeg die roommielies en room by die pap. Meng goed.
Braai die geel, groen, rooi soetrissie saam met die varkspek in botter met knoffel.
Voeg die sampioene by en braai tot lekker bruin.
Voeg die gebraaide bestanddele in die mengbak by die pap en meng goed.
Skep dit in ‘n gespuite oondpan, skep die kaassous bo-oor en strooi die gerasperde kaas bo-op die kaassous.
Sit in die oond sodat die kaas kan smelt en die gereg deur warm word.
Nota:
As jy nie alles wil meng nie kan jy die pap in lae met die gebraaide bestanddele in bak sit.
Geniet dit saam met daai lekker lamstjoppie!!
Resep: Yolanda Postma