KRAKERIGE UIERINGE
Dit was nou ‘n lekker vinnige reseppie en lekker crispy.
- 3 medium uie, geskil, in ringe gesny en mooi uitmekaar gehaal
- olie vir diep braai
- Deeg:
- ½ koppie koekmeel
- ½ teelepel bakpoeier
- ½ koppie water
- 1 geklitste eier
- 1 teelepel spesery na smaak (ek gebruik knoffel peper en ‘n klein knypie sout)
Klits eier en sit die res van die bestanddele by, meng goed tot ‘n slap deeg.
Voeg spesery volgens smaak by.
Doop die uieringe in die mengsel en braai in diep olie.
Moenie teveel op ‘n slag in die olie sit nie dan klou hukke aan mekaar vas.
Haal uit met gaatjies lepel en plaas op kombuispapier om af te drup.
Lekker eet!!
Resep en foto: Riana Creighton