KOUIGN ANANN
- 1 koppie warm water
- 1 teelepel aktiewe gis
- 1 eetlepel witsuiker
- 1 eetlepel gesmelte botter
- 2.5 koppie broodmeel
- 250 g botter
- 160 ml wit suiker
- 1 – 2 teelepels sout
Meng water, gis en eetlepel suiker saam in mengbak. Laat staan 5 minute tot gis lewe toon. Voeg eetlepel gesmelte botter, 2 koppies meel en teelepel sout by. Roer met houtlepel – dit vorm ‘n taai deeg. Keer uit op res van die meelbestrooide oppervlak. Knie terwyl jy die meel inwerk. Knie tot deeg sag en elasties is. Plaas terug in bak, bedek en laat rys vir 1.5 uur.
Meng die res van die suiker en telepel sout, proe of jy nog sout verkies. Smeer ‘n 12 muffinpan met botter en skep bietjie suiker in holtes, skud rond en haal die ekstra suiker uit. Hou eenkant.
Sit deeg weer op ‘n meelbestrooide oppervlak en rol in reghoek uit.
Rasper helfte van botter oor reghoek en vou op in derdes. Maak toe in kleefplastiek en sit in yskas vir 30 min.
Rol deeg weer uit in reghoek. Rasper laaste botter oor. Vou weer in derdes. Rol weer uit en vou in derdes. Vou weer. Rol weer uit en vou weer. Plaas terug in yskas in kleefplastiek.
Laat vir ‘n uur staan.
Voorverhit oond tot 190º C.
Strooi nou van die suiker op die werksoppervlak en rol deeg daarop uit. Bestrooi die deeg ook met suiker soos jy rol om reghoek te vorm.
Verdeel deeg in 12 gelyke dele.
Bestrooi met nog suiker. Knyp hoeke van reghoekies bymekaar en plaas in holtes van muffin pan.
Bestrooi vir oulaas met suiker.
Bak 25 – 30 min tot mooi bruin. Haal uit en laat afkoel op rakkie vir 15 min.
Geniet.
Resep en foto: Renate Strydom Engelbrecht