Your Recipe Blog

KOUE AARTAPPEL EN PREIE SOP

KOUE AARTAPPEL EN PREIE SOP

  • 50 g of ‘n ¼ koppie botter
  • 450 g preie (leeks), net die wit gedeeltes, in dun skyfies gesny
  • 3 groot uie, gekap
  • 250 g aartappels, geskil en in stukke gesny
  • 300 ml of 1 ¼ koppie dik room
  • ‘n bietjie yswater en suurlemoensap, opsioneel
  • vars gesnipperde chives of pietersielie om mee te garneer
  • 1 liter of 4 koppies ligte hoender ekstrak, ek gebruik sommer 2 blokkies hoenderaftreksel
  • sout en peper na smaak

Smelt die botter in ‘n groot kastrol, voeg die uie en preie daarby, bedek en kook liggies vir 15 tot 20 minute tot hulle sag, maar nie bruin is nie.
Voeg die aartappels by en kook onbedek verder vir ‘n paar minute.
Voeg die hoenderaftreksel by asook die sout en peper na smaak.

Nota:
Onthou die hoenderaftreksel is klaar sout as jy die blokkies gebruik.
Bring tot kookpunt en verminder die hitte, laat dit verder prut vir 15 tot 20 minute tot die aartappels sag is.
Laat dit afkoel en verwerk die sop in ‘n versapper (blender).
Giet die sop in ‘n opdien bak en roer die room daardeur.
Proe en pas die sout en peper aan, indien jy dink dit is nodig.
Indien die tekstuur op hierdie stadium te dik is, voeg klein biejie yswater by totdat jy tevrede is met die dikte.
Plaas die sop in die yskas en laat afkoel tot dit lekker koud is.
Proe en as jy verkies, kan jy nou bietjie suurlemoensap byvoeg.
Sprinkel die gesnipperde “chives” of pietersielie oor net voor jy dit opdien.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page