Your Recipe Blog

KORSLOSE SPEK EN HAM QUICHE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 uur

KORSLOSE SPEK EN HAM QUICHE

  • 200 g spek, in klein stukkies gesny of so gekoop
  • 4 snye ham, in blokkies gesny
  • 1 pakkie sampioene, in skyfies gesny (het Portabellini gebruik)
  • 250 ml melk
  • 4 eiers
  • 30 ml koekmeel
  • 1 groot ui, fyn gekap
  • 3 grasuie (spring onions), opgesny
  • 1 ½ wiel Fetakaas
  • 2 koppies gerasperde Cheddar kaas
  • sout en peper na smaak
  • bietjie rooipeper
  • 3 ml gedroogde pietersielie

Voorverhit oond op 180°C.
Klits melk en eiers saam. Voeg meel by en meng goed.
Braai uie en grasuie in bietjie olie tot gaar. Voeg by melk mengsel.
Braai spek tot gaar en voeg saam met ham by melk mengsel.
Braai sampioene in dieselfde pan as spek, maar moenie ekstra olie byvoeg nie. Braai net vinnig en voeg by die res van die bestandele.
Krummel Feta kaas by asook 1 koppie van die Cheddar kaas. Voeg speserye by.

Skep in gesmeerde bak en sprinkel laaste koppie Cheddar oor. Bak vir omtrent 1 uur lank of tot gaar.

Resep en foto:  Karien Bronkhorst

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page