Your Recipe Blog

KORSLOSE SOUTTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30 - 45 min

KORSLOSE SOUTTERT

Resep geplaas deur Rheda Vreken
Foto: Rheda Vreken
Hierdie is die Eierraad se resep wat ek al die jare vir die Tuisnywerheid gebak het.

  • 3 snye witbrood in blokkies
  • 30 ml botter of margarien
  • 500 ml melk
  • 125 g spekvleis, gesnipper
  • 2 koppies gerasperde kaas
  • 1 ui, gekap
  • 1 blik weense worsies, in wieletjies gesny
  • 2 ml sout
  • 5 ml mosterdpoeier
  • swartpeper, na smaak
  • 4 eiers, geklits
  • 25 ml pieterselie, gekap
  • paprika
  • Oond 180°C.
  • Verhit brood, melk en botter tot gesmelt. Laat afkoel.
  • Voeg res van bestanddele by en meng liggies.
  • Skep in klein pannetjies of muffin panne en sprinkel paprika oor.
  • Bak 30 min tot goudbruin.
  • Kan ook in 1 tertbak gebak word vir 45 minute.

One Review

  1. Christine

    Heerlik en baie maklik! Gladnie droog soos party souttertjies nie. Ek het dit vir kinders gemaak en het net spek gebruik. Sal beslis weer maak!

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page