Your Recipe Blog

KORSLOSE GEBAKTE MELKTERT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 40 minute

KORSLOSE GEBAKTE MELKTERT

Hallo, van Gig Harbor, WA, Amerika. Nadat ek die resep vir korslose melktert, vanoggend geplaas het, het so gelus geword daarvoor dat ek gou een gebak het! Manlief het nou net van bo af geroep, “Wat ruik so lekker?” Kan nie wag dat dit ‘n bietjie afkoel nie… tee en melktert klink baie lekker reg nou. En nou kan ek ‘n foto by die resep plaas.

  • 2 eetlepels gesmelte botter
  • 3 eiers, wit en geel geskei
  • ½ koppie suiker
  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • ¼ teelepel sout
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 3 koppies melk

Klits botter, eiergele, en suiker goed saam.
Sif meel, bakpoeier, en sout saam en voeg dit by.
Roer die melk en vanilje geursel by en meng goed.
Vou styfgeklopte eierwitte in die mengsel en gooi in ‘n diep botter gesmeerde tertbord. Strooi kaneelsuiker bo-oor.
Bak onmiddellik 40 minute lank of tot dit gestol is in ‘n matige warm oond by 190°C (375°F)
Dien warm op.

Resep en foto:  Drienie Hattingh

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page