Your Recipe Blog

KORINGSLAAI

KORINGSLAAI

  • 3 koppies gaar koring
  • 1 blikkie pitmielies
  • 1 koppie gevriesde baba ertjies
  • 1 ui in blokkies gesny
  • ½ geelrissie en ½ rooirissie in blokkies gesny
  • sout en peper na smaak

Smoor die uie en die geel- en rooirissie. Voeg nou al die bestanddele bymekaar en meng liggies.
Voeg die sout en peper by na smaak by.

  • SLAAISOUS
  • Skud in ‘n flessie met ‘n deksel:
  • ½ koppie olyfolie
  • ½ koppie esdoringstroop (ek het gewone stroop gebruik)
  • 1 eetlepel appelasyn
  • 1 eetlepel Dijon mosterd
  • sout en peper

Giet oor die gemengde slaai en meng goed deur. Laat staan ‘n rukkie dat die geur lekker kan trou.
Geniet.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page