Your Recipe Blog

KORINGSLAAI MET KONDENSMELK

KORINGSLAAI MET KONDENSMELK

  • 250 ml koring, ongekook
  • 1 groot soetrissie, rooi of geel, in klein blokkies gekap
  • 410 g geblikte perskeskywe, gedreineer en in blokkies gesny
  • 62 ml rosyne
  • sout na smaak met kookproses
  • SOUS:
  • 50 ml sonneblomolie
  • 3 ml borrie
  • 6 ml matige kerriepoeier
  • 25 ml blatjang
  • 25 ml suiker
  • 25 ml asyn
  • 1 blik kondensmelk

Week die koring in genoeg water vir ten minste 2 ure.
Gooi water af en kook in genoeg nuwe water met sout na smaak vir 10 minute in die mikrogolf.
Om af te koel, spoel af onder koue lopende water (wees versigtig om dit nie in die drein te laat afgaan nie).
Sit in ‘n slaaibak (verkieslik met deksel) sit die soetrissie, perskes en rosyne by en meng goed deur.
Meng die sous bestanddele saam tot die suiker opgelos is.
Giet die slaaisous oor en meng deur.
Laat dit ‘n rukkie staan vir die geure om in die koring in te trek.

WENK:
Verpak dit in kleiner bakke met deksels, dit sal vir ‘n paar dae in die yskas hou.

Resep: Charlene Keyter Cornelissen
Foto: Fesia Uota

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page