Your Recipe Blog

KOOLLASAGNE

Recipe by
Cook: kookplaat tyd en 25 - 30 minute

KOOLLASAGNE

“As jy lus is vir ‘n alternatiewe lasagne, sonder die pastavelle (en ekstra koolhidrate), is hierdie dalk jou antwoord. In plaas van pasta, gebruik jy koolblare, met maalvleis en ‘n vinnige keto witsous. Heerlik vir ‘n Donderdagaand. En diabeet- en keto-vriendelik!”

  • Vleismengsel:
  • ½ ui, gekap
  • 15 ml olyfolie
  • 500 g maalvleis
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 1 teelepel gemende kruie
  • sout en peper, na smaak
  • Kool:
  • 8 – 10 groot koolblare, are (blaarstammetjies) uitgesny
  • kookwater, om te blansjeer
  • Witsous:
  • 300 ml room
  • 125 g roomkaas
  • 2 eetlepels parmesaankaas, gerasper
  • ½ teelepel neutmuskaat
  • sout en peper, na smaak
  • Afronding:
  • ½ koppie gerasperde kaas, vir bo-oor strooi

Braai ui in olie tot deurskynend. Voeg res van vleismengselbestanddele by en braai totdat  vleis gaar is (ongeveer 10 minute). Verhit water in pot tot kookpunt. Plaas koolblare daarin (4 – 5 op ‘n slag), en blansjeer 4 – 5 minute. Dreineer en hou eenkant.
Plaas witsousbestanddele in ‘N potjie  en kook oor mediumhitte tot mediumdik.
Konstrueer nou die lasagne:
4 – 5 koolblare onder in oondbak, dan helfte van maalvleismengsel bo-op, skep die helfte van die witsousoor die vleis. Herhaal die lae.
Sprinkel kaas bo-oor en bak by 200 °C vir 25 – 30 minute tot goudbruin.

Nota 1 vir gewone pasta formaat: Ilze Jacobs –
I always have some frozen filling, and don’t always have time to roll pasta, so if I don’t have dried pasta, pancakes work.

Nota 2 vir ander-dan-kool opsie: Dennis Adams – Ek gebruik wraps, baie lekker.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page