Your Recipe Blog

KONSERTINA AARTAPPELS

Recipe by
Cook: Ongeveer 90 min.

KONSERTINA AARTAPPELS

Moeg vir die gewone aartappelslaai saam met jou braai? Probeer gerus hierdie heerlike aartappel gereg.

  • 10 medium aartappels
  • 1 pakkie bruin uiesoppoeier
  • 800 ml water
  • 50 g botter

Verhit oond tot 180 °C. Was aartappels skoon en sny in skyfies, MAAR nie heeltemal deur tot reg onder nie.
Pak die aartappels in ‘n gesmeerde oondbak, meng die water en soppoeier en gooi bo-oor.
Stip elke aartappel met ‘n klontjie botter en bedek die bak.
Bak vir 90 minute of tot gaar, terwyl jy so elke 30 minute van die sous onder in die bak weer bo-oor die aartappels skep.
Baba-aartappels werk net so lekker vir die dis.

Foto en resep: Petru O’Connell

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5