KONINGIN ELIZABETH DADELBROOD MET KARAMELSTROOP
- 5 ml koeksoda
- 150 g fyn gesnyde dadels
- 250 ml kookwater
- 250 ml suiker
- 75 ml botter kamertemperatuur
- 1 eier
- 375 ml ongesifte koekmeel
- 5 ml bakpoeier
- knypie sout
- 75 ml kasselneute (cashews)
- 5 ml vanilla geursel
- Karamelstroop:
- 125 ml sagte bruinsuiker
- 125 ml vars room
- 50 ml botter
Strooi koeksoda oor die dadels. Voeg die kookwater by en meng goed. Laat dit afkoel.
Voorverhit oond 180°C.
Smeer ‘n broodpan 23 x 13 x 7 cm en voer dit uit met waspapier en smeer ook die papier.
Verroom die suiker en botter saam. Voeg die eier by.
Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam, bo-oor die eiermengsel.
Voeg die neute en vanilla geursel by en meng.
Voeg die dadelmengsel by en meng.
Skep die deeg in die pan en maak dit gelyk.
Bak broodjie 1 uur lank op die middelste oondrak. Toets met toetspen of dit gaar is.
Stroop:
Verhit bruinsuiker, room en botter saam oor lae hitte tot kookpunt.
Kook vir 15 minute baie stadig sonder deksel.
Keer die dadelbrood op ‘n draadrak uit, verwyder die waspapier en giet die warm karamelstroop stadig oor. Laat dit afkoel voordat dit opgedien word.
Ek het die dadelbrood op foelie gesit en dan die karamelstroop oor geskep en broodjie gelig dat van die karamelstroop onder in loop.
Resep en foto: Poppie Naude