Your Recipe Blog

KONFYTTERTJIE DOPPIES – VOL AU VENTS

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 1 uur

KONFYTTERTJIE DOPPIES – VOL AU VENTS

Gebruik die onderstaande skakel vir die deeg resep om hierdie heerlike doppies te maak, kan ook vir “Vol au vents” gebruik word. Metode vir die konfyttertjies is onderaan.
https://yourrecipeblog.com/recipes/helene-se-soutkors-vir-pasteie/

Verhit oond tot 180 ° C.
Neem van die deeg wat voorberei is soos vir worsrolletjies. Rol lekker dun uit. As jy 20 tertjies wil maak druk dan 40 sirkels so groot soos verkies. Plaas 20 op bakplaat, en druk kleiner sirkel uit in die middel van die oorblywende 20 maw om ‘n gaatjie in die middel te kry.
Smeer liggies koue water op onderste deegsirkel, plaas een met ‘n gaatjie bo-op onderste een. Druk liggies vas. Plaas in yskas om te verkoel.
Plaas op ‘n ander plaat die klein sirkeltjies sodat hulle ook kan bak.
Haal nou panne uit yskas en smeer baie liggies met geklitste eier, so ook die ou kleintjies.

Bak vir plus minus 1 uur. Hou dop as oond dalk vinnig is. Haal uit wanneer gaar en mooi bruin of soos verkies.  Wanneer heeltemal afgekoel, vul die gaatjies met konfyt.

Nota:
Let wel hierdie is nie ‘n skilferkorsdeeg nie, daarom moet jy seker maak dat dit dun uitgerol is.

Resep en foto: Helene Burger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page