Your Recipe Blog

HELENE SE SOUTKORS EN VULSEL VIR WORSROLLETJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: ongeveer 60 minute | Servings: 16 dosyn worsrolletjies

HELENE SE SOUTKORS EN VULSEL VIR WORSROLLETJIES

Hierdie deeg kan gebruik word vir worsrolletjies, pasteitjies en groot pasteie.

  • 12 x 250 ml koekmeel
  • 5 ml kremerart
  • 5 ml bakpoeier
  • 15 ml sout
  • 1,25 kg yskoue bak margarien
  • 6 ekstra groot eiergele
  • 125 ml wit druiweasyn
  • 500 ml yswater

Meng alle droë bestanddele. Rasper margarien in.
Meng deur die meelmengsel. Laat staan eenkant en roer kort kort die mengsel.
Klits die eiergele, asyn en yswater saam. Hierdie eiermengsel moet ten minste 3 ure voor gebruik in yskas staan.
Voeg die yskoue vloeistofmengsel in die meel- en margarienmengsel. Meng saam tot ‘n bol vorm.
(indien te droog kan bietjie yswater bygevoeg word)
Vou toe in plastiek en laat oornag of tenminste 6 ure in yskas.
Rol uit en gebruik vir pasteie van jou keuse.

Worsrolletjies- vleisvulsel:

  • Kook die volgende saam:
  • 4 kg gemaalde maer beesvleis
  • 15 ml sout
  • 125 ml blatjang
  • 50 ml wit druiweasyn
  • Sodra vleis deurgekook het voeg by:
  • 10 ml Aromat
  • 5 ml naeltjies
  • 10 ml mild mosterdpoeier
  • 50 ml braaispeserye
  • 250 ml hawermout (oats)
  • 4 snye witbrood geweek in water en uitgedruk
  • 1 blokkie beesvleisekstrak aangemaak met bietjie kookwater tot gesmelt

Meng alles baie goed en laat vir 5 minute prut. Druk klonte fyn met aartappeldrukker.
Voer ‘n rolkoekpan uit met plastiek, skep die maalvleisvulsel daarin en maak gelyk.
Plaas ‘n vel plastiek bo-oor die vleis en laat stol tot yskoud.

Maak van worsrolletjies:
Rol deeg uit ongeveer 2 – 3 ml dik.
Trek boonste laag plastiek af en sny vleisvulsel in 2 cm stroke.
Plaas vleisstroke op uitgerolde deeg, ± 1 ½ cm van onderste gedeelte van deeg.
Vou deeg oor vleis en rol om. Sny teen die omgerolde kant af en sny in verlangde groottes.
Hierdie kan suksesvol gevries word tot benodig.
Indien dadelik wil bak, smeer met geklitste eier bo-oor.
Bak ongeveer 1 uur op 180ºC tot lig bruin of strooikleur.

Nota:
Op die foto kan ook hoendertertjies gesien word wat van dieselfde deeg gebak is.

Resep en foto: Helene Burger

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page