Your Recipe Blog

KONFYT VIERKANTE

Recipe by
Cook: 20 minute

KONFYT VIERKANTE

Vandag besluit ons Jamvierkante of soos ons dit ken van die 70 jare as switserse tertjies te maak. Gewoonlik gebruik ons appelkooskonfyt, maar vir afwisseling biejie aarbei en gemende vrugtekonfyt gebruik. Net een probleem dit raak te vinnig op omdat mens dit aanmekaar wil eet.

  • 1 blikkie appelkooskonfyt of konfyt van jou keuse
  • 2 koppies koekmeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 2 eetlepels kookolie
  • 1 teelepel vanilla geursel
  • 2 eetlepels suiker
  • 1 koppie botter
  • kwart teelepel sout
  • 1 eier

Klits botter, suiker, olie en eier goed saam.
Voeg geursel by.
Voeg dan die droë bestanddele by en meng goed.
Deel die deegmengsel in 2 dele.
Voer die gesmeerde pan met een gedeelte deeg uit, smeer die konfyt oor die deeg en rasper die ander gedeelte deeg bo-oor.
Bak vir 20 minute op 180ºC.
Laat afkoel en sny in blokkies.

Resep en foto: Jan Bezuidenhout

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page