Your Recipe Blog

KONFYT HANDTERTJIES MET SUURROOM

Recipe by
Cook: 10 min. | Servings: 40 tertjies

KONFYT HANDTERTJIES MET SUURROOM

  • 250 ml botter of margarien
  • 750 ml ongesifte koekmeel
  • 2 ml sout
  • 250 ml suurroom
  • 1 eier, geskei
  • fyn appelkooskonfyt
  • 10 ml melk

Meng koekmeel en sout.
Vryf botter of margarien met vingerpunte in koekmeel.
Sny die suurroom met ‘n mes in die meelmengsel in tot alles aanmekaar koek.
Druk dit liggies aanmekaar om ‘n deeg te vorm.
Bedek die deeg en verkoel vir een uur.
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Smeer ‘n bakplaat. Rol die deeg dun uit op ‘n blad wat liggies met meel bestrooi is.
Druk sirkels, 8 cm in deursnee, uit.
Klits die eierwit effens en verf eierwit om die rand van elke sirkel.
Skep ‘n klontjie konfyt in die middel van elke sirkel. Vou toe en druk kante met ‘n vurk vas.
Plaas tertjies op bakplaat.  Klits eiergeel en melk saam en verf oor die tertjies.
Bak vir 10 minute. Koel af op ‘n draadrak.

Resep en foto: Marie Vos-Lodewyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page