Your Recipe Blog

KONDENSMELKTERT IN DIE MIKROGOLF

KONDENSMELKTERT IN DIE MIKROGOLF

Lewer 1 groot melktert.
Moenie die eierwitte te styf klits nie, want dan kry jy dit nie glad ingevou nie, en sit jy met ‘n vulsel vol eierwitklontjes wat jy nie fyn kry nie, selfs al klits jy die vulsel.

  • 1 pak Tennisbeskuitjies
  • 1 blik (397 g) kondensmelk
  • 500 ml kook water (2 kondensmelk blikkies)
  • 500 ml melk
  • 20 g (25 ml) margarien of botter
  • 100 ml mielieblom (Maizina)
  • 50 ml vlapoeier
  • knypie sout
  • 4 eiers
  • 5 ml vanilla geursel
  • kaneel

Bedek die boom en wand van ‘n vlak, reghoekige tertbak van 30 x 23 cm met die Tennisbeskuitjies.
Plaas die  kondensmelk, water, margarien en 250 ml van die melk in ‘n mikrogolf bak (3.5 Liter)
Mikrogolf  vir 10 min tot 12 min by 100% krag tot kookpunt en roer dit af en toe.

Maak die mielieblom, vlapoeier en sout aan met die oorblywende 250 ml melk.
Skei die 4 eiers en klits die geel by die mielieblom mengsel  in saam met die vanilla geursel.
Klits hierdie mengsel nou vinnig by die kokende kondensmelkmengsel in met ‘n “whisk”
Mikrogolf dit ongeveer 5 min oop by 100% krag tot gaar en roer elke minuut (gebruik sommer ‘n whisk).

Klits die eierwit tot styf, maar nie droog nie. Vou dit by die warm vulsel in.
Giet die vulsel oor die beskuitjies in die bak en maak gelyk.
Nota: 
Jy kan ook die helfte van die melkpap op die onderste laag koekies skep, dan weer ‘n laag koekies op die pap pak, en die res van die melkpap bo-op skep soos op die foto.
Sif kaneel oor en laat afkoel.

Foto: Meisie van der Colff

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5