Your Recipe Blog

KONDENSMELKKOEKIES

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 kg koekies

KONDENSMELKKOEKIES

Lewer 4 kg koekies

  • Meng saam en hou eenkant:
  • 12 koppies koekmeel
  • 1 eetlepel kremetart
  • 1 eetlepel koeksoda
  • sout
  • Klits die volgende saam teen hoë spoed tot romerig en wit:
  • 1 kg bakmargarien
  • 3 koppies suiker
  • Voeg by en meng deur:
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 groot eetlepel stroop
  • Voeg een-vir-een by en meng teen lae spoed na elke byvoeging:
  • 4 eiers

Meng die droë bestandele met die kondensmelkmengsel en knie EFFENS tot ‘n sagte deeg.
Gebruik n “cookie press” of ‘n vleismeule om die koekies te vorm. Druk af met ‘n speseryblikkie om almal ewe groot te kry as jy die vleismeule gebruik.

Bak by 160°C Konveksie  oond vir 7 min. Draai jou panne en bak ‘n verdere 7 min.
Koel effens op bakplate af en haal dan uit om op die bakdoek koud te word.

  • Vulsel:
  • Klits saam met Flexi Beater of K-Beater tot lig en wolkerig:
  • 250 g sagte bakmargarien
  • sout
  • 1 teelepel vanilla
  • Sif die volgende by en klits deeglik tot lig en bleek:
  • 500 g versiersuiker
  • Voeg die volgende by en klits lekker deur:
  • 1 teelepel gliserien
  • 1 eiergeel

Smeer die koekies kwistig met die vulsel en plak hulle twee-twee op mekaar.

Resep geplaas deur Frikkie Jones
Foto:  Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page