Your Recipe Blog

KONDENSMELKKOEKIES SONDER VULSEL

Recipe by
Cook: 15 - 20 minute | Servings: ongeveer 300 koekies of 3.5 kg

KONDENSMELKKOEKIES SONDER VULSEL

So ‘n ou staatmaker resep. Jy sal regtig sukkel om dit te laat flop!

  • 12 koppies koekmeel
  • 3 koppies suiker
  • 750 g margarien
  • 4 eiers
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 eetlepel gouestroop
  • 3 teelepels koeksoda
  • 3 teelepels kremetart
  • ½ teelepel sout

Room botter en suiker, voeg eiers een vir een by terwyl jy meng.
Voeg kondensmelk en gouestroop by en meng goed.
Meng koekmeel, koeksoda, kremetart en sout saam en voeg by.
Maak aan tot verlangde styfte en vorm balletjies of gebruik ‘n koekiedrukker om vormpies af te druk.
Bak 15 – 20 minute by 180°C.
Groot resep!

Resep geplaas en foto: Jeanette Martins

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page