KONDENSMELK, VLA EN SUURLEMOEN YSKASTERT
- 1 blik kondensmelk
- ¼ koppie suurlemoensap
- 3 koppies vars melk
- 2 eetlepels vlapoeier
- 1 eetlepel suiker
- 1 pakkie tennisbeskuitjies
Maak dik vla van 3 koppies melk, suiker en opgehoopte eetlepels vlapoeier. Laat afkoel.
Meng kondensmelk met suurlemoensap, (bietjie meer as jy van suurder hou, ek gebruik ‘n halwe koppie)
Pak tennisbeskuitjies onder in ‘n medium tertbak.
Skep helfte van die kondensmelk bo-op die koekies, dan helfte van die vla.
Pak weer ‘n laag koekies en herhaal met kondensmelk en laaste vla.
Druk koekies fyn en strooi bo-oor. Plaas in yskas om te stol en tot bedien.
Nota:
Indien verkies kan ‘n klein blikkie granadellamoes ook by konsensmelk gemeng word.
Vir ‘n meer romeriger vla gebruik 1 koppie room en 2 koppies melk.
Resep en foto: Elize Viljoen
Baie maklike resep
verhouding van vla poeier en hoeveelheid melk is glad nie reg nie. dit is n waterige storie. kort nog suiker en vlapoeier
Anton, ek is regtig jammer om te hoor, maar hierdie resep word baie gereeld gemaak en is perfek. Ek vermoed jy het dalk temin vlapoeier gebruik, en omdat die kondensmelk so soet is, is die suiker minder, maar mens kan dit aanpas as jy wil. Hier is Elize wie se resep dit is se kommentaar
More Rina, resep is 100%. Verskeie mense het hom al gemaak met sukses en ekself het hom hoeveel keer gemaak. Maak ook sejer dat die vla koud is voor jy dit gebruik.
Hul moet volroom vars melk gebruik en vlapoeier. Nie long life melk nie. Elize Viljoen
Ek dinkdie resep is perfek! geheim is sodra jou potjie hitte kry moet jy die plaat afdraai want die vla stol vinnig. baie dankie het my 100% gehelp❤