KONDENSMELK SAGOPOEDING
Kondensmelk sago is ‘n moet!
- 4 koppies melk
- knippie sout
- 1 koppie sago
- 1 blik kondensmelk
- 2 eiers
- gouestroop vir bediening
Bring melk en sout tot kookpunt. Voeg die sago by en kook stadig tot deurskynend. Klits kondensmelk en eiers goed saam. Wanneer sagomengsel verdik het en deurskynend is, haal van die plaat af en voeg die kondensmelkmengsel by die sago terwyl jy heeltyd klits.
Giet in ‘n gespuite oondbak en bak vir 30 minute teen 180 ºC of tot effens verbruin is bo-op.
Nota:
Indien jy ‘n plat bak gebruik, verkort die baktyd met ‘n paar minute, anders bak dit droog. Dit moet nog wikkel wanneer jy hom uit die oond haal. ‘n Dieper bak lewer ‘n beter resultaat.
Bedien met gouestroop.
Resep en foto: Marike Vos