KONDENSMELK, PIESANG EN AARBEI NAGEREG GLASIE
- 1 pakkie karamel tennisbeskuitjies
- 1 blik kondensmelk
- 250 ml room
- 5 ml vanilla geursel
- piesang
- aarbeie
Krummel koekies en skep ‘n laag onder in ‘n mooi glas.
Klits die kondensmelk, room en vanilla tot lekker dik.
Skep ‘n laag oor die koekies.
Sny piesang op en pak op roommengsel.
Herhaal die lae maar vervang die piesang met aarbeie in die volgende laag.
Herhaal tot die glas vol is, met die boonste laag van die room mengsel, versier soos verkies.
Plaas in die yskas tot bedien word.
Resep en foto: Ryno en Zelda Herridge