KONDENSMELK KOEKIES IN GROOTMAAT
Dis lieflike deeg om mee te werk. En dit maak BAIE koekies!!!
- 12 koppies koekmeel
- 4 eiers
- 1 pakkie kremetart (12 g)
- 1 eetlepel stroop
- 1 blik kondensmelk (385 g)
- 1 pakkie koeksoda (14 g)
- 900 gram botter
- 2 ½ koppies suiker
Meng suiker en botter baie goed voeg eiers een vir een by en meng goed na elke eier.
Voeg stroop en kondensemelk by en meng goed.
Sif meel, koeksoda en kremetart saam en voeg by mengsel.
Meng tot stywe deeg rol uit, of druk uit met koekiedrukker en pak op gesmeerde bakplate.
Bak in matige oond by 180 ºC vir ongeveer 10 tot 15 minute.
Nota:
Die dun uitgerolde koekies bak so 10 min. Die balletjies bietjie langer.
Miemsie De Klerk se nota:
Die beslag werk wonderlik deur dit met die koffie meuletjie te draai.
Ek deel dit gewoonlik in 4 en meng soos ek goed dink iets by bv gemmer, klapper, vlapoeier, kakaopoeier.
Dit was ons grootword huis se kerskoekie resep. Geniet dit!
Resep: Sandra Gardiner
Foto: Katrina Hentze Sivori
Hi is dit nie n baie soet koekkie nie want 2 koppies suiker en die blik kondensmelk klink baie soet
Hi Sharon
Op 12 koppies meel is dit nie regtig baie suiker en kondensmelk nie, baie koekies gebruik tot 1 koppies uiker op 2 koppies meel, so ek is seker die resep is perfek en dit is mos darem kondensmelk koekies wat mens sou aanneem moet soet wees. Lekker Bak
Rina
Ek wil nie so baie koekies bak,kan n mens die resep in die helfde deel of het jy n ander resep dalk.
Hi Rina
Jy kan met gemak due resep halveer.. klein koekies is nie so gevoelig nie.
Lekker bak
Kyk ook gerus op http://www.foodloversrecipes.com daar behoort n kleiner resep te wees.
Geniet
Ek soek al so lank na die resep. Het dit altyd saam met my ma gemaak. Baie dankie vir die plasing