KOMKOMMERKONFYT
- 1 ½ Engelse komkommer (ongeveer 700 g)
- ½ pond wortels, (250 g)
- 2 pond suiker, (ongeveer 1 kg)
- 3 koppies water
- 2 blikkies fyn pynappel
- knypie sout
Rasper komkommer en geskilde wortels op growwe kant van rasper.
Voeg suiker en water by en laat oornag staan.
Kook tot amper reg en voeg dan die fyn pynappel en sout by.
Kook tot die konfyt reg is. (Doen die koue piering toets)
Laat koud word en bottel.
Nota:
Ek gebruik die Engelse komkommer en dit word met skil en pitte gerasper, dit is werklik baie lekker. As jy weet hoe smaak makatan konfyt – dit smaak presies so! Indien verkies kan die komkommer afgeskil word, skil gee net ‘n mooi kleur aan die konfyt.
Resep: Anet Grove
Foto: Marie Grobler – Dit is regtig baie lekker ek het net 1 blikkie pynappel in gegooi, want dit was al wat ek gehad het maar, volgende keer sal ek weer net een gebruik. Ek het wel gesê ek sal minder suiker gebruik, maar almal wat dit proe se nee. Ek het dit bietjie fyner gemaak met my stick blender.
hoe lank Moet dit kook
Hi Johanna, soos met enige konfyt kook mens dit maar tot dit reg toets op ‘n koue piering. Dit is baie moeilik om ‘n tyd te gee.
Sit ‘n piering in die vrieskas, en wanneer dit vir jou lyk die stroop is dik, skep bietjie op die koue piering, trek met jou vinger deur die konfyt, as die paadjie oop bly, is die konfyt reg, as die paadjie toeloop, moet jy nog kook.
Lekker kook.