KOLWYNTJIES VAN “ANGEL FOOD CAKE” BESLAG
Die groot koek is net n dummy…
Vir die cupcakes het ek ‘n Angel Food Cake resep gebruik en was aangenaam verras oor hoe lekker die cupcakes gebak het.
- 1,5 koppies koekmeel (minus 2 eetlepels)
- 2 eetlepels Maizena
- 1,5 koppies versiersuiker
- 12 eierwitte
- ¾ teelepel kremetart
- knippie sout
- ¾ koppie versiersuiker (jip nóg)
- 1 teelepel vanilla geursel
Voorverhit oond tot 160°C.
Sif meel, 1.5 koppie versiersuiker en maizena 3 x saam.
In ‘n ander mengbak, klits eierwitte tot skuimerig, voeg kremetart en sout by.
Klits tot sagtepunt-stadium en voeg 3/4 koppie versiersuiker 2 eetlepels op ‘n slag by.
Verhoog spoed en klits tot harde punte vorm.
Gebruik nou ‘n draadklitser om die meelmengsel by die eierwitte in te vou.
Hierdie stap is baie belangrik, so werk stadig en vou ¼koppie op ‘n slag versigtig by. Moenie teveel klits nie.
Skep in voorbereide muffin pannetjies en maak gelyk.
Bak vir 15 – 20 min.
Resep geplaas en foto: Marelize Kotze