KOLWYNTJIES – SOET OF SOUT
Die sout een is veral lekker. Jy kan rondspeel en spek en mielies of enige oorblykos ingooi. Vir soet kyk net onderaan VARIASIE. Dis ‘n slap deeg en ‘n lekker klam, nie koekerige muffin.
- 250 ml koekmeel
- 5 ml sout
- 12,5 ml bakpoeier
- knypie peper
- ¾ koppie Cheddarkaas, gerasper
- 250 ml melk
- 2 eiers (medium, of een ekstra groot)
Verhit oond tot 200°C. Smeer kolwyntjiepan.
Sif koekmeel, bakpoeier, sout en peper saam.
Voeg die kaas by en meng.
Klits eiers en melk en maak slapperige deeg aan.
Skep in 12 holtes ⅔ vol.
Bak 15 minute op middelste oondrak.
Variasie:
Vir soet muffins, vervang sout en peper met 100 ml suiker en die kaas met vrugte of sjokolade van keuse
Nota:
Kiti se Pienk Boek van 1982 (nugter weet waar ek al DAAI resepte gekry het)
Resep: Kiti de Jager