KOLWYNTJIE TORINKIES
Bak kolwyntjies van die volgende beslag.
- 1 koppie koekmeel
- 1 koppie strooisuiker
- ½ koppie olie
- ½ koppie water
- 2 teelepel bakpoeier
- 4 groot eiers geskei
- 3 eetlepel kakao
- ¼ teelepel sout
- 1 teelepel vanilla geursel
Sif die droë bestanddele saam (ek hou my droë bestanddele altyd klaar afgemeet in ‘n ziplock sakkie in die vrieskas (iets soos my eie boks koek he he he)
Klits die olie, eiergeel en water saam tot skuimerig.
Voeg die vanilla by.
Voeg die droë bestanddele by en klits vir ten minste 4 minute.
Klits die eierwit styf en vou by die mengsel in met ‘n lepel.
Bak die kolwyntjies in die kolwyntjie maker of in die oond in silikon bakkies, want jy gaan die kolwyntjie uit die bakkies verwyder. Bak tot toetspen skoon uitkom. ± 25 min
- Maak ‘n basiese sjokolade versiersel:
- 4 eetlepels kakao
- 50 ml kookwater
- 1 teelepel vanilla geursel
- 400 g versiersuiker
- 2 eetlepels botter / margarien
- Ekstra:
- Kit Kat stafies
- styf geklopte room, gemeng met bietjie aarbeikonfyt
- Malteser sjokolade bolletjies
Meng die kakao met die kookwater om ‘n dik pasta te maak. (moenie nou proe nie, dis sleg!! )
Klits die botter / margarien deur die mengsel.
Voeg die versiersuiker bietjie bietjie by terwyl jy heeltyd meng en meng baie deeglik deur die mengsel.
Neem 2 kolwyntjies, sny die een gelyk indien dit nie gelyk is nie en plak dit opmekaar vas met versiersuiker. Sny die boonste een ook gelyk indien dit nie is nie.
Smeer versiersuiker rondom die 2 kolwyntjies.
Plak Kit Kat stafies rondom vas soos op die foto.
Sit aarbeiroom (room styf geklits en gemeng met aarbeikonfyt) in die holte bo en versier met maltesers.
Resep en foto: Corne Liebenberg