Your Recipe Blog

KOKOSNEUT- EN HOENDERGEBAK

KOKOSNEUT- EN HOENDERGEBAK

“Vandag was bak-en-brou-eksperiment-dag. Aandete was kokosneuthoender. Ek het die speserykas uitgepak en gedink wat gaan lekker wees?”

  • 8 hoenderstukke
  • 1 blik klappermelk
  • sout en peper
  • ⅔ koppie perskeblatjang
  • 1 huisie knoffel
  • rooipeper, roosmaryn, tiemie, groenuie speserye, gemmer en paprika – na smaak
  • 1 ui

Kerf ui en strooi ‘n lagie in die bodem van ‘n glas-oondbak, gevolg deur hoenderstukke.
Sprinkel speserye, sout en peper oor.
Meng klappermelk en blatjang en giet oor hoender.
Bedek met oorblywende ui en knoffel.
Bak teen 200 °C tot gaar.
Bedien saam met rys en groente.

Resep en foto: Stephanie Kohrs Ferreira

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5