TESSIE SE MAKLIKSTE EN LEKKERSTE VETKOEKE
- 2 koppies (500 ml) louwater
- 2 teelepels suiker
- 2 teelepels droë gis, gelyk afgemeet
- 5 koppies (5 x 250 ml) koekmeel
- 1 ½ teelepels sout
- 2 eetlepels (25 ml) olie
Roer die suiker in louwater en voeg die gis by.
Laat rys tot die gis bo dryf.
Sif die meel en sout saam.
Voeg olie by die gis, meng met meel en knie goed.
Laat rys vir 50 minute.
Strooi bietjie meel op ‘n werksoppervlak.
Plaas die deeg daarop, rol uit en sny in grootte van jou keuse.
Sit plastiek oor en laat rys weer vir 20 minute.
Bak die vetkoeke in warm olie tot bruin.
Resep en foto: Kokkedoor Tessie Els Kemp