Your Recipe Blog

KOFFIESOENTJIES

Recipe by
Cook: 10 - 12 minute

KOFFIESOENTJIES

  • Koekies:
  • 250 g (½ blok) sagte botter
  • 187 ml (¾ koppie) versiersuiker, gesif
  • 10 ml (2 teelepels) koffiepoeier
  • 15 ml (1 eetlepel) kookwater
  • 500 ml (2 koppies) koekmeel, gesif
  • Vulsel:
  • 50 g (½ plak) donkersjokolade, gesmelt

Voorverhit die oond op 180 °C.
Room die botter en versiersuiker in ‘n mengbak tot liggeel van kleur.
Roer die koffiepoeier en kookwater saam en voeg dit by die bottermengsel in, klits goed deur.
Roer die koekmeel by die bottermengsel tot dit ‘n sagte deeg vorm.
Voer ‘n bakplaat met bakpapier uit.
Skep die deeg in ‘n spuitsak met ‘n meduim- grootte sterretjie spuitpunt.
Spuit sirkeltjies van ongeveer 2 cm op die bakplaat, nie te naby aan mekaar nie.
Bak die koekies in die voorafverhitte oond vir 10 tot 12 minute of tot effens ligbruin.
Laat die koekies op ‘n rakkie afkoel.
Plak twee koekies opmekaar met ‘n bietjie gesmelte sjokolade.

Foto 2: Corrie Venter
Ek het ‘n koekiedrukker gebruik.

Resep getoets en foto: Daleen Strydom

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page