Your Recipe Blog

KOFFIEKOEKIES MET KOFFIE-BOTTERROOM VULSEL

Cook: ± 15 minute | Servings: ± 30 koekies

KOFFIEKOEKIES MET KOFFIE-BOTTERROOM VULSEL

Resep en foto’s: Louisa Hollenbach

  • 700 ml (350 g) bruismeel
  • 200 ml (150 g) strooisuiker
  • 150g (¾ koppie) botter
  • 2 eiers, geklits
  • 30 ml (2 eetlepels) kitskoffie, opgelos in 30 ml (2 eetlepels) water
  • 10 ml (2 teelepels) vanilla geursel
  • Koffie-botterroom vulsel:
  • 80 g sagte botter
  • 375 ml (160 g) versiersuiker, gesif
  • 15 ml (1 eetlepel) kitskoffie, opgelos in 15 ml (1 eetlepel) water
  • Voorverhit die oond tot 180ºC. Spuit ‘n bakplaat met kleefwerende kossproei.
  • Meng die meel en suiker en vryf die botter met jou vingerpunte in.
  • Voeg die res van die bestanddele by en meng goed tot ‘n stywerige deeg vorm.
  • Rol in okkernetgrootte balletjies. Sit op die bakplaat en druk effens plat.
  • Bak vir ± 15 minute en laat afkoel op ‘n draadrak.
  • Maak solank die koffie-botterroom.
  • Room die botter en versiersuiker tot lig en romerig en meng die opgeloste kitskoffie by.
  • Plak twee-twee koekies met die koffie-botterroom opmekaar sodra die koekies heeltemal afgekoel het.
  • Verpak in ‘n lugdigte houer.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page