Your Recipe Blog

KOFFIEKOEKIES MET GANACHE-VULSEL

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 5½ kg koekies

KOFFIEKOEKIES MET GANACHE-VULSEL

Lewer 5½ kg koekies

  • 16 koppies koekmeel
  • 4 koppies suiker
  • sout
  • 1.5 kg bakmargarien, by kamertemperatuur

Meng die droë bestanddele en vryf die margarien deeglik in, hou eenkant.

  • Meng: (gebruik ‘n groot bak, dit bruis op van die koeksoda)
  • 4 eetlepels koffiepoeier
  • 1 koppie kokende water
  • Voeg by:
  • 2 eetlepels koeksoda
  • Voeg by:
  • 4 stewige eetlepels gouestroop

Maak die deeg aan met die koffiemengsel en knie EFFENS tot jy ‘n sagte deeg het.
Gebruik die “cookie press” of die vleismeule om die koekies te vorm. Druk af met ‘n speseryblikkie indien jy die meule gebruik om al die koekies ewe groot te kry.

Bak vir 7 minute by 160°C Konveksie oond, draai die pan en bak ‘n verdere 7 minute.
Laat effens afkoel op die bakplate en haal dan af om heeltemal op die bakdoek af te koel.
Vul met Water-Ganache en laat staan om styf te word.

  • Water Ganache
  • 800 g GOEIE sjokolade, opgekap (ek gebruik Callebaut 54.5% callets)
  • 200 g kookwater

Verdeel jou bestanddele in 2 en maak 2 bakke ganache sodat dit nie te dik is nie.

Gooi die 100 g kookwater saggies oor 400 g van die sjokolade. Laat staan so 3 minute.
Wikkel saggies met ‘n spatula. Die mengsel gaan dodgy lyk, maar byt net vas.
Mikrogolf 10 sekondes by 100% krag op ‘n slag.
Roer goed tot dit glad is en indien nodig mikrogolf weer 10 sekondes (Ek doen dit gewoonlik twee keer).
Moenie te lank op ‘n slag mikrogolf nie. Die sjokolade is bitter duur en jy wil nie skade maak nie.

Meng tot glad en plak die koekies twee-twee op mekaar. Los op ‘n bakplaat om hard te word.

Resep en foto:  Frikkie Jones

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page