Your Recipe Blog

KOFFIE, CREMORA EN JOGURTTERT

KOFFIE, CREMORA EN JOGURTTERT

(eie konkoksie)
My idee van ‘n “TIRAMISU” tert, indien daar so iets is.
Het dit vir Kersdag gemaak en is “gedwing” om dit weer te maak vir nuwe jaarsdag.

  • 1 pak Cremora (375 g)
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 500 g plein volroom jogurt
  • 1 pakkie suulemoenjellie
  • 10 g ongegeurde gelatien
  • suurlemoensap
  • Kors:
  • 1 pakkie Tennis / Time beskuitjie
  • margarien / botter
  • Koffiemengsel:
  • vingerbeskuitjies
  • sterk koffie / Likeur, ek het sterk koffie gemeng met bietje OBS, room en suiker, geen ander vloeistof – na smaak
  • Ekstra:
  • donker sjokolade en versiersuiker

Los jellie en gelatien op in 250 ml kookwater.
Meng jellie goed deur met die Cremora.
Voeg jogurt en kondensmelk by, meng goed.
Giet suurlemoensap by terwyl jy meng en totdat jy die verlangde smaak (soet/suur) asook tekstuur bereik.
Meng sagte margarien/botter met gekrummelde Tennis beskuitjies – giet in ringpan en druk vas.
Giet ‘n laag van die mengsel bo-op die kors.
Doop jou vingerbeskuitjies in koffiemengsel en pak ‘n laag bo op jou tertlaag.
Bedek met ‘n 2de laag van tertmengsel.
Herhaal proses.
Rasper donker sjokolade heel bo-op met bietjie versiersel, opsioneel.
Verkoel vir ‘n paar uur.

Resep en foto: Adrian Fleming

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page