Your Recipe Blog

KOEMKWATKONFYT / MARMELADE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 2 ure

KOEMKWATKONFYT / MARMELADE

Word ook geken as kumkwat en kumkwart.

  • 1.5 kg koemkwats (kumquart), in dun skywe of stukkies gesny en ontpit
  • 4 koppies suiker
  • 1 ¼ koppie vars lemoensap
  •  240 g (1 houertjie) granadillapulp, opsioneel

Meng koemkwat, suiker en lemoensap goed deur en laat staan vir sowat 2 ure.
Kook op medium hitte in ‘n swaarboom- kastrol tot sag.
Draai dan hitte af en prut vir sowat ‘n uur of tot vrugte donkerder van kleur is.
Druk fyn en laat heeltemal afkoel.
Sodra heeltemal afgekoel, meng granadillapulp by en bottel.
Plaas in yskas.

Resep en foto: Elize Viljoen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page