Your Recipe Blog

KOEL-SOOS-‘n-KOMKOMMERSLAAI

KOEL-SOOS-‘n-KOMKOMMERSLAAI

Ek het hierdie gestolde komkommerslaai gemaak. Ek het die resep aangepas, ek het die suurroom met roomkaas vervang. Jy kan enige roomkaas gebruik waarvan jy hou. Ek het besluit om eers gekrummelde Fetakaas in die vorm te gooi, daarna die komkommermengsel bo-oor gegooi. Die fetakaas wat ek gebruik het is feta met songedroogte tamatie en basil.

  • 1 pakkie lemmetjiejellie
  • 175 ml kookwater
  • 75 ml suurlemoensap
  • 5 ml rooiuie, gerasper
  • 175 ml spriet- en grasuie roomkaas
  • 250 ml gerasperde komkommer
  • 4 wieletjies Fetakaas met gedroogte tamaties gekrummel
  • Garnering:
  • 1 pakkie kersietamaties
  • olywe

Los die jellie in die kookwater op.
Voeg die suurlemoensap en uie by. Verkoel die mengsel totdat dit begin stol.
Roer die maaskaas en komkommer by.
Spuit die vorm met spray-n-cook.
Krummel die fetakaas  onder in die vorm.
Skep die komkommermengsel versigtig bo-oor die Fetakaas.
Verkoel dit totdat dit gestol het.
Sit ‘n laag gesny blaarslaai op ‘n opdieningsbord, ontvorm die gestolde slaai in die bord.
Meng kersietamaties en olywe, plaas dit in die middel van die gestolde slaai.

Resep en foto: Elna Erasmus

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page