Your Recipe Blog

KOEKIEDRUKKER RESEPTE

KOEKIEDRUKKER RESEPTE

  • KOFFIEKOEKIES – Zelda Botes
  • 750 ml botter
  • 250 ml suiker
  • 25 ml stroop
  • 25 ml koffie ekstrak
  • 5 ml vanilla
  • 60 ml melk
  • 5 ml koeksada
  • 5 koppies koekmeel
  • ½ teelepel sout

Klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda. Meng alles met koekmeel en knie. Gebruik vleismeule of koekiedrukker en sny koekies. Bak ± 20 minute by 180ºC.

  • VULSEL:
  • 250 ml suiker
  • 125 ml melk
  • 250 ml botter
  • 5 ml vanilla

Kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep in gaar koekies en sit op mekaar.

  • KARAMEL KITSPOEDING KOEKIES – Zelda Botes
  • 1 pakkie kits poeding – Royal of Moirs – Karamel geur (mens kan enige geur gebruik, soos sjokolade, aarbei, ens. Die karamel kom lekker uit)
  • 2 koppies koekmeel
  • 250 ml margarien
  • 2 teelepels bakpoeier
  • knippie sout
  • 2 eiers

Verhit oond tot 180 ºC.
Smeer koekie pan met margarine of bespuit met spray en cook.
Room margerien en kits poeding saam tot romerig.
Klits eiers in.
Voeg meel, bakpoeier en sout by.
Vorm deeg.
Die deeg kan met ‘n koekiemaker in vormpies gedruk word, of rol uit op meelbestrooide oppervlak, so 0,5 tot 0,8 mm dik.
Druk vormpies uit.
Wanneer mens die koekies op die bakplaat sit, sit dit effens uitmekaar, want die koekies rys nogal baie, as jy dit te naby aan mekaar sit, gaan dit in mekaar in rys.
Bak 12 – 15 minute.
Laat effens op die pan afkoel voordat jy dit met ‘n spaan afhaal en op ‘n afkoelrakkie plaas.
(daar is geen suiker in die resep nie, die kitspoeding is klaar soet)

  • SPONSVINGERS – Zelda Botes
  • 2 eiers
  • 125 ml strooisuiker
  • 250 ml koekmeel
  • 15 ml strooisuiker, om bo-oor te sprinkel

Voorverhit oond tot 180 ºC. Klits eiers. Voeg suiker geleidelik by en klits goed tot lig en romerig. Sif meel en vou liggies by suikermengsel in.
Skep in ‘n versierbuis en spuit in éclair pannetjies.
Sprinkel bietjie strooisuiker bo-oor.
Bak ongeveer 8 minute tot ligbruin. Plaas op ‘n draadrak om af te koel.
Lewer ongeveer 12 sponsvingers

  • VLA KOEKIES – Zelda Botes
  • 125 g botter of margarien
  • 125 ml suiker
  • 1 eier
  • 375 ml koekmeel
  • 125 ml vlapoeier
  • 3 ml bakpoeier
  • 2 ml sout

Voorverhit oond tot 200 ºC. Room botter en suiker saam. Voeg eier by en klits tot lig en romerig. Sif droë bestandele saam en meng deur bottermengsel.
Knie liggies, rol uit en druk in vorms uit. Plaas op gesmeerde bakplate en bak ongeveer 10 minute. Laat op draadrakke afkoel.
Lewer ongeveer 50 koekies

  • SMELT KOEKIES – Zelda Botes
  • 125 g botter of margarien
  • 60 ml versiersuiker
  • 200 ml koekmeel
  • 15 ml vlapoeier
  • 2 ml sout

Voorverhit oond tot 160 ºC. Room botter en versiersuiker saam.
Sif meel, vlapoeier en sout saam en voeg by. Meng goed.
Druk deur versierbuis op gesmeerde bakplate. Bak ongeveer 15 – 18 minute.
Plaas op draadrakke om af te koel. Sit koekies net so voor of plak twee-twee op mekaar met appelkooskonfyt tussenin.
Lewer ongeveer 12 dubbelkoekies

  • BOTTERKOEKIES – Annette Elizabeth Renouprez
  • 250 g sagte botter (270 ml)
  • 130 g versiersuiker (250 ml)
  • 280 g koekmeel (500 ml)
  • 5 ml sout

Klop die botter totdat dit lig en romerig is.
Sif die droë bestanddele saam.
Voeg die droë bestanddele by die botter en klop dit totdat dit glad en romerig is. Voeg nog ʼn bietjie koekmeel by indien die deeg te slap is. Rol uit.
Vorm met ʼn koekiemaker sterkoekies en plaas op n gesmeerde bakplaat.
Bak dit 15 minute lank in ‘n voorverhitte oond by 180ºC (350ºF).
Wenk:
Die een punt van die koekie kan in gesmelte sjokolade gedoop word of met ‘n glanskersie versier word

  • MELTING MOMENTS (smelt in die mond koekies)Annette Elizabeth Renouprez
  • 250 g margarine at room temperature
  • ½ cup icing sugar, sifted
  • ½ cup cornflour
  • ½ teaspoon vanilla essence
  • 2 cups cake flour
  • buttercream, for sandwiching biscuits
  • extra icing sugar, for sifting over biscuits

Preheat oven to 180°C.
Cream margarine with icing sugar and cornflour.  Beat in essence.  Add flour and mix until it becomes a soft paste-like mixture.
Scoop the mixture into a large piping bag fitted with a star nozzle.
Pipe finger lengths onto a baking sheet.
Bake for ± 15 minutes or until the edges appear lightly browned.
Remove tray from oven and place on damp tea towel for 10 minutes.
Lift off biscuits with a spatula.  When cold, sandwich with buttercream.
Sift icing sugar over and place in paper cups to serve.

Variation:
Biscuits could be sandwiched together with chocolate.
Ends of biscuits can also be dipped in chocolate
DIE DEEG MOET KOUD WEES OM ‘N SUKSES TE WEES.

Annetjie Olivier
Ek het die wonderlik resep wat net reg is.
Meng saam:
5 koppies gewone koekmeel
1 koppie versiersuiker
500 gram botter, ek het stork gebruik
Meng alles saam sit in koekiedrukker, druk uit op bakplate.
Bak op 180° C vir so 15 min.

Foto:  Ricky Greyling

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page