Your Recipe Blog

KOEJAWELTERT

KOEJAWELTERT

  • 1 konfytrol
  • 1 groot blik koejawels
  • 30 g vlapoeier
  • 60 ml water
  • 1 blik kondensmelk
  • 1 houer gladde maaskaas
  • 125 ml suurlemoensap
  • 250 ml room
  • 1 teelepel vanielje geursel

Sny konfytrol en plaas onder in langwerpige bak, sprei geklopte room op.
Kook koejawels met sous vir ongeveer 3 minute.
Meng vlapoeier met water en voeg by koejawels.
Giet oor konfytrol.
Meng kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap tot goed gemeng en romerig.
Smeer bo-oor.
Plaas kersies bo-op, opsioneel.

NOTA: 
Maak die koejawel gedeelte eerste en laat heeltemal afkoel!

Resep- Amelia Röder
Foto- Barbara Bullock

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5